Ons Jag met ons kameras

Jag met die kamera

Dit mag vreemd klink vir sommige mense maar die meeste van ons het ‘n natuurlike jaginstink oorge-erf in ons gene.  Vandag spook dit by baie mense wat ook diere en voël liefhebbers is.  Maar daar is ‘n tipe van jag wat baie meer uitdagend en bevredigend is.  Jag met jou kamera!  En jou trofee daardie pragtige fotos en herinneringe!

Net so uitdagend soos jag?  Dink net op watter distansie kan ‘n jagter ‘n dier skiet maar die fotograaf moet sy vernuf gebruik om ondanks lang lense baie nader te kom!

Toerusting benodig vir voël fotografie.

Enige goeie digitale kamera met ‘n lang zoomlens werk goed.  Nie noodwendig ‘n enkel lens refleks kamera en ‘n baie duur lang lens nie.  Kameras soos Canon se reeks met 12x zoom lense, Kodak sin ook met 12x zoom asook Sony sin!  Meeste van die kameras kan ook ander hand verstellings op gedoen word en het ook meeste ‘n ingeboude stabiliseerder om daardie lang lens stil te help hou.

Voordele:  Goedkoop met ingeboude stabiliseerder,  goeie lens kwaliteit,  groot diepte van veld.  Ook maklik om te gebruik.

Nadele:  Op hoë ASA soos 400 wys dit meer grein.  Ook moeilik om agtergrond uit fokus te gooi.

 

Dan vir die meer professionele fotograaf met geld!  Die digitale enkel lens refleks kameras. Kameras soos die Canon, Nikon en Pentax reeks.  Uitstekende waarde. Hier moet jy egter ‘n lang lens bykoop enigiets met maksimum zoom van 300mm tot 500mm.  Hier kos daardie lense baie geld.  Neem jy een met ‘n stabiliseerder by dan betaal jy eers. Maar daar is ander lens vervaardigers soor Sigma wat uiters goeie lense maak teen ‘n meer redelike prys.

Voordele:  ‘n Multidoel kamera wat jy meer lense kan aankoop en die groter ccd help om minder sneeu op hoë ASA te gee.  Hier kan jy lensopeninge na hartelus verstel om agtergrond uit fokus te plaas soos jy wil.

Nadele:  Baie duur as jy moet onthou jy moet nog ekstra lense aankoop.  Moeilik om te gebruik vir die beginner.

Dan laaste ‘n baie goeie driepoot.

Hoe kom ek naby genoeg aan die voëls?

Uit my moter.  Voëls is gewoontlik nie so bang vir moters nie solank jy binne in bly nie.  Dink net aan die Wildtuin. Probeer dit ook in jou eie woongebied en jy sal verstom wees!

Voël fotograwe gebruik ook baie keer ‘n seil tentjie wat hulle vinnig naby ‘n nes opslaan. Onthou net hier sommige voëls kan tel tot 2.  Frieda en ek het al die ervarings gehad met sekere voëls soos Bruinkop visvangers en ander dat hulle nie naby die nes kom nadat ons ons skuiling opgeslaan het nie.  Maar as een dan wegloop en een in die tent bly dan kom hulle!  Slim nê?

‘n Voerplek by jou huis.  Sit die voerhouer op ‘n stander en nie op die grond nie.  Verkieslik naby ‘n boom.  Ook naby genoeg aan ‘n venster waarduit jy kan afneem.  Sit ‘n droë tak by dit in en steek stukke vrugte daarop vas soos lemoene en appels..      Op die houer sade, mieliegruis asook broodkrummels.  Frieda se voerplek wemel altyd van voëls wat haar goed ken.  Kyk op die Hoofblad hoe naby kom van die Kwe-voëls aan haar.  Hulle ken haar stem verseker.  Sit jou kamera op ‘n driepoot in die huis en wag.  Jy sal verras wees oor die uitslae.

Te voet loop soos in vleie asook by die see.  Werk ook met sekere voëls maar baie moeilik om naby genoeg te kom.

Dink net hoe heerlik is dit om met jou kamera op vakansie te gaan!  Daardie opwinding en afwagting. Baie beter as jag!

 

 


Quintin Prinsloo van Kaapstad neem watervoëls af

 

Frieda Prinsloo by 'n skuiling (hide) by Rietvlei Kaapstad afgeneem

 


Theunis van der Walt van Kaapstad wys sy styl van uit 'n moter afneem!


Frieda van der Walt neem seëvoels by Bloubergstrand af

 

     

Dit is nou